Daar's 'N Plek - Coenie De Villiers, Steve Hofmeyr

Daar's 'N Plek - Coenie De Villiers, Steve Hofmeyr

Альбом
Toeka
Год
2018
Язык
`Afrikaans`
Длительность
258810

Nedan finns texten till låten Daar's 'N Plek , artist - Coenie De Villiers, Steve Hofmeyr med översättning

Låttexten " Daar's 'N Plek "

Originaltext med översättning

Daar's 'N Plek

Coenie De Villiers, Steve Hofmeyr

Daar’s 'n plek wat ek van weet

Sonder sorge sonder pyn sonder leed

Die pad daarheen is ongekaart

Die reis daarheen is sonder vaart

En daar is rusplek langs die pad

Die son se geel word jou sambreel

Op jou reis tot waar die pad se vurk verdeel

Die een se slingerspoor word dof

Waar dit wegloop in die stof

Maar die ander lei tot hier

Want hier sal jy vind dat jy

Steeds deur die oë van 'n kind

Die lewenspel speel

Granate van onskuld kan deel

Om weer vir 'n oomblik

Die kennis van kwaad te ontken

Om weer te kan glo wat jy het in 'n gawe van bo

Daar’s 'n winterlose oord

Waar 'n mens nog steeds die ure ongestoord

Op die telraam van die tyd

Sonder spyt of klein verwyt

Soos seisoene af kan tel

Knip jou deur se grendel dig

Sluit jou vensters en jou luike teen die lig

Pak jou drome vir die reis

Jou hart sal jou die kronkels wys

Om ongeskonde hier te kom

Want hier sal jy vind dat jy

Steeds deur die oë van 'n kind

Die lewenspel speel

Granate van onskuld kan deel

Om weer vir 'n oomblik

Die kennis van kwaad te ontken

Om weer te kan glo wat jy het in 'n gawe van bo

'n gawe van bo

'n gawe van bo

2+ miljoner sångtexter

Låtar på olika språk

Översättningar

Högkvalitativa översättningar till alla språk

Snabbsökning

Hitta texterna du behöver på några sekunder